DR. A MEYER (ERE-LID), M SMITH (RAADSLID), ROGER BENNETT (ERE-LID)
Die 82-jarige Roger Bennett is verlede Vrydagaand by die Gholfklub as ere-lid van Mosselbaai Gholfklub ingehuldig. Hierdie eerbewys is aan hom toegeken vir meer as veertig jaar se lojale lidmaatskap aan ons Klub. Roger het as bestuurder van Nestlé jare gelede diep in die harte van sportklubs, te veel om op te noem, gekruip met die jaarlikse borgdae wat deur sy entoesiasme van stapel gestuur is. Mosselbaai Gholfklub is trots om ‘n lid soos Roger in ons midde te mag hê!