2014 Ladies Knockout Champions
Linchen Wessels and Corne Marais were crowned the 2014 Ladies Knockout champions after defeating Gloria Greyvenstein and Gail Botha in the final.
Bertus naaswenner!
Die afgelope naweek het die room van ons senior spelers op George aan die Suidkaap Ope toernooi deelgeneem. Bertus Smit, erelid by Mosselbaai Gholfklub, het in sy amateur loopbaan van 27 jaar nie minder as 110 ope amateur titels gewen nie.Gedurende sy professionele loopbaan het hy in 2009 die Walliese Senior Ope gewen. Bertus se welkome terugkeer na amateur gholf is oor die naweek beloon deur as kampioen in die super senior mans-afdeling gekroon te word. Hy het ook as naaswenner op 144 houe in die bruto-afdeling gëeindig en gesamentlik eerste op 140 houe in die netto-afdeling. Nog Mosselbaaiers wat presteer het is Clive Kaptein (142 houe) vierde in die netto A-afdeling, André du Plessis het die B-afdeling (netto) op 79 punte gewen, met Robert Bass op 75 punte die naaswenner. Mooi gedoen manne, ons is trots op julle.